Iran is weer op kernwapen-wa

Iran het inligting vrygestel van planne om kernreaktors te ontwikkel vir skepe te midde van die ooreenkoms met wêreld moondhede om hulle atoom program te staak.

Westerse lande sal waarskynlik die nuwe rigting in Iran met ’n koue benadering hanteer en alles moontlik doen om die verwikkelinge te voorkom.

Die afgevaardigde van Teheran in die Verenigde Nasies het die wêreldorganisasie meegedeel dat hy van plan is om ’n aanleg vir die bou van kernkrag reaktors op te rig wat vir skepe aangewend sal word.

Waarnemers wys daarop dat Iran met die nuwe aankondiging poog om ’n stryd met president Donald Trump van Amerika te begin, nadat die VSA president aangekondig het dat die Kernverdrag met Iran hersien moet word.

Die VN het meer besonderhede oor die kernreaktor program aangevra, en het Iran tyd gegee om voor die middel van Meimaand volle besonderhede te verstrek.

Tot hede beskik slegs die VSA, Brittanje, Frankryk, Sjina en Rusland oor kern aangedrewe skepe, en die nuwe wending in Iran laat kommer oor wat volgende gaan wees.