Sjina verleng president se termyne

Die kommunistiese regering van Sjina is in proses om die land se grondwet te wysig deur die bepaling dat die land se president “onbepaald” kan regeer, moontlik te maak.

Tans bepaal die grondwet dat ’n verkose president twee termyne agtereenvolgens verkies mag word om te regeer, maar nou wil sekere elemente die klousule verwyder wat kan beteken dat die leier byna onbepaald kan regeer.

In die geval van die huidige president, Xi Jinping, sal hy effektief na 2023 kan bly regeer terwyl sy tweede termyn in daardie jaar sou eindig.

Die Sjinese Kommuniste Party se Sentrale Komitee het ’n proses begin om die besondere bepaling dat ’n president nie meer as twee termyne mag dien nie, uit die grondwet te skrap.

Die 64-jarige president word gesien as die mees invloedryke leier sedert Mao Zedong se bewindsjare en dit dui daarop dat die president nog jare gaan regeer.

Foto – President Xi Jinping