Coca Cola gee R400 miljoen vir “opkomende boere”

Coca Cola SA het ‘n stigting in die lewe geroep om sogenaamde opkomende boere te help en R400 miljoen gestort in die fonds.

Volgens CCBSA is dit vir die ontwikkeling van die historiese benadeelde boere en gaan diegene gehelp word om te ontwikkel as boere.

Ontleders wys daarop dat dié geld ook in dieselfde bodemlose grondhervormingsput gegooi word as waarin die regering al miljarde rande gegooi het.

Stemme gaan ook op dat CCBSA gevra moet word om geld te gee vir ‘n fonds  vir familie wat wees gelaat is weens ‘n plaasmoord waar die broodwinner en dalk ook sy gade vermoor is.

Heelwat mense het in reaksie op CCBSA se aankondiging gesê dat hulle eerder ander produkte sal koop aangesien hulle nie hul geld vir die polities korrekte aksie wil gee nie.