Die geheime van Bitcoin-sukses

’n Reuse elektrisiteit rekening, vyf duur rekenaars wat dag en nag besig is om Bitcoin te myn, ’n skommelende mark, en ’n duistere toekoms – dit is wat Bitcoin beteken aan talle mense wat met hulle nuut aangekoopte rekenaars met duur video-kaarte toegerus, aan ’n mens se lewe doen.

Elke tien minute word virtuele munte gevoer in die sisteem van Bitcoin, wat ’n massiewe totaal van elektriese krag opeis om die vreemde betaalmiddel te produseer.

Die grootste rekenaarstelsel wat met Bitcoin verband hou, is honderde rekenaars wat in ’n goed omheinde gebou gehuisves is, want die eienaar daarvan weet presies wat sy belegging se geldwaarde is.

Dit is slegs een van die honderde gevalle bekend van mense wat derduisende dollar ingesteek het om Bitcoin te myn, en toon daarmee hulle oortuiging dat die vreemde betaalmiddel se dae nie getel is nie, maar steeds die hoogte in beweeg na groter sukses.

Alhoewel die “myn” van Bitcoin nie sonder koste is nie, word dit steeds as uiters winsgewend beskou, en word die betaalmiddel se waarde versterk deur die miljoene mense wat daarin belê het, en steeds bereid is om nog geld te belê.

Sekere beleggers het tot 2000% wins gerealiseer binne 12 maande, en alhoewel daardie goue dae nie meer bestaan nie, is daar steeds mense wat 120% wins realiseer.

Die geheim is onverklaarbaar, behalwe dat miljoene mense betrokke is, en vasberade is om elkeen ’n wins daaruit te maak, die een tienvoudig, die ander dalk minder…