Duitsers gekant teen Puigdemont uitlewering

Die meerderheid Duitse burgers is sterk gekant daarteen dat die owerheid dit moontlik mag oorweeg om Carles Puigdemont uit te lewer aan Spanje.

Verskeie deskundiges het die Duitse owerheid gemaan om baie seker te maak dat hulle wel die uitleweringsbevel van Spanje mag gehoorsaam, en enkeles het selfs gewaarsku dat dit internasionale implikasies kan veroorsaak.

Intussen groei die ondersteuning onder Duitse burgers en word die druk hewiger op die owerheid om Puigdemont nie uit te lewer nie.

’n Duitse koerant het lesers gevra of Puigdemont uitgelewer moet word, en 5057 lesers het deelgeneem waarvan meer as 51% gekant is teen so ’n stap.

Slegs 35% was ten gunste van uitlewering terwyl die res in twyfel was oor wat gedoen moet word.

Die 53-jarige Carles Puigdemont is verlede Sondag deur die polisie in Duitsland gearresteer nadat ’n uitleweringsbevel van die Spaanse hooggeregshof uitgereik is.

Die bevinding het klaarblyklik gelei tot die besluit van kanselier Angela Merkel dat haar koalisieregering nie betrokke wil wees by die aangeleentheid nie.

Foto – Carles Puigdemont