Land van chaos

Die N3 snelweg was die teiken van mense uit informele nedersettings op Maandag 2 April 2018.  Die N3, R103 en R62 by die Mooirivier tolhekke is deur rampokkers blokkeer met brandende brande en rommel. Daarna is twee vragmotors aan die brand gesteek nadat die inhoud gesteel is. Geen rede vir die gedrag is gegee nie, en vakansiegangers wat niks met hulle griewe te doen het nie, was die slagoffers van die optrede deurdat verkeer ure lank vertraag is.

Op dieselfde dag is ‘n Edgars winkel in die Cresta Winkelsentrum beroof deur vier gewapende mans.

Makhado oftewel Louis Trichardt se nuut aangestelde munisipale bestuurder het in die Thoyandou hof verskyn waar hy aanklagte van bedrog in die gesig staar.  Freddy Tshivhengwa het toegesien dat sy vriend Denis Khoza kontrakte bekom ter waarde van R 42 miljoen. Beide is uit op borgtog.

‘n Polisie beampte is gewond in ‘n gewapende roof by ‘n winkel sentrum in die Strand  op Paas Sondag.

Randburg en omliggende dele is sonder krag weens die diefstal van kabels en ‘n battery by die Hawkens Oorskakelingstasie.

Paasnaweek het dus sy kwota misdaad opgelewer, terwyl Cyril Ramaphosa en Jacob Zuma dieselfde kerk besoek in Natal.