Media dubbelstandaarde

Die media in Suid-Afrika handhaaf dubbel standaarde met die aanbied van nuus. Moorde, verkragtings en veral plaasmoorde word bykans verswyg deur die media,  maar sodra ‘n oorsese burger beroof word dan haal dit voorblaaie en hoof artikels op die Internet nuus kanale.

Die nuutste voorval, waarin Katie Price, ‘n oorsese aktrise, en haar kinders naby Chrissiesmeer beroof is toon hierdie blatante ignorering van plaasaanvalle en -moorde. Price is naby Chrissiesmeer deur drie mans aangeval en beroof van persoonlike besittings. Sy sal nou gewapende wagte kry om haar veiligheid en die voortgesette verfilming van haar TV reeks te verseker.

Suid-Afrikaanse slagoffers van roof en moord, kry geen spesiale bewaking nie.

Foto: Katie Price en haar kinders