Moeder van die buitebande sterf

Winnie Madikizela-Mandela, eks-vrou van Nelson Mandela is in die ouderdom van 81 jaar in die Netcare Milpark oorlede.

Reeds in April 1986 het sy haar volgelinge  toegespreek in Munsieville en gesê die land sal bevry word deur teregstellings met vuurhoutjies en brandende buitebande om die veroordeelde se nek.

Sy is in Mei 1991 skuldig bevind aan kaping en medepligtige aan aanranding, wat reeds in Desember 1988 by haar huis plaasgevind het.  Een van die vier jeugdiges het later aan sy wonde beswyk.

Sy was ook ‘n sterk ondersteuner van Robert Mugabe se beleid van grondonteiening.

In Oktober 2001 het sy op sestig aanklagte van bedrog en 25 van diefstal in die hof verskyn.  In April 2003 is sy 5 jaar tronkstraf opgelê wat weer op appèl geneem is en die vonnis is opgeskort.

In 2002 het die parlement se etiese komitee haar skuldig bevind weens die nie-verklaring van R50 000 donasies per maand. Sy was ook een van Malema se ondersteuners en was gesien waar sy saam gesing het “shoot the boer”.