Oorspandering van staat kos verbruiker

Die verhoging van die BTW koers met 1 % op 1 April, die nuwe suikerbelasting en die massiewe brandstof verhoging op 4 April is die oorsaak van die staat se oorspandering.

Volgens die ekonoom, Dawie Roodt, moet die belastingbetaler nou betaal vir die vermorsing van die staat en seer sekerlik ook die munisipaliteite.

Die verhoging van BTW gaan klaarblyklik R36 miljard inbring vir die staat, maar as daar gekyk word na die ouditeur-generaal se verslag, sien mens dat meer as R50 miljard die afgelope jaar vermors is, en dus sit die staat steeds met ‘n tekort van R14 miljard, bo en behalwe gratis tersiêre onderwys wat die erflating van Jacob Zuma is.

Intussen word verwag dat vulstasies vanmiddag oorval gaan word deur motoriste wat vir oulaas goedkoper brandstof wil ingooi voor die prys om middernag styg.

Foto: Dawie Roodt