Opvolg ontmoeting tussen Koreaanse leiers

Die president van Suid-Korea het bevestig dat hy en die kommunistiese leier van Noord-Korea, Kim Jong-Un, gedurende April sal vergader, enkele weke voor Kim se ontmoeting met president Donald Trump.

Die ontmoeting tussen president Moon en Kim Jong-Un is geskeduleer vir 27 April, en is die derde ontmoeting tussen die twee lande se leiers.

’n Afvaardiging van beide lande ontmoet mekaar reeds op 4 April om die nodige reëlings te tref vir die twee leiers s ontmoeting op 27 April.

Sedert die Koreaanse oorlog tussen die twee Koreaanse state van 1950 wat tot 1953 geduur het, en tegnies geen vrede gesluit is nie, en wat beteken dat die twee lande steeds in ’n staat van oorlog verkeer, sal op 27 April vir die derde keer sedert 1953 vergader.

Die vermoede bestaan dat die twee lande dit selfs kan oorweeg om ’n “vredesverdrag” te sluit om daarmee die spanning tussen die twee lande te verminder.

Politieke waarnemers wys daarop dat Kim Jong-Un se ontmoeting met die Sjinese president een was van Sjina praat, en Kim sal dit doen.

Volgens beeldmateriaal wat vertoon is, was die Sjinese president aan die praat en Kim het soos ’n skoolseun, self notas gemaak.

Foto – Kim Jong-Un