Rusland slaan met mening terug

Moskou het met mening teruggekap nadat tientalle Westerse lande diplomate teruggestuur het na Moskou nadat Brittanje beweer het dat Rusland agter die moord van ’n spioen sit en dit gedoen het met chemiese middels.

Moskou het elke land met dieselfde aantal diplomate teruggestuur as wat hulle na Rusland teruggestuur het.

Die eerste land was Brittanje wat 23 diplomate na Moskou gestuur het, en in reaksie het Moskou ook 23 Britte huis toe gestuur.

Rusland het ook die VSA in eie munt betaal toe hy 60 Amerikaners beveel het om terug te gaan, en ook die Amerikaanse konsulaat in St Petersburg word gesluit.

Rusland sê by monde van sy minister van buitelandse sake dat hy elke land in dieselfde munt terugbetaal en derhalwe dieselfde doen as wat elke land aan hom gedoen het, en steeds sê dat hy nie betrokke was by die chemiese moord nie.

Kenners wys daarop dat die verhouding tussen Westerse lande en Rusland nou swakker is as wat dit nog ooit was sedert die einde van die Koue Oorlog.

Foto –  Die Kremlin in Moskou