Trollip en die DA

Die DA burgemeester van Port Elizabeth, Athol Trollip, het ‘n mosie van wantroue oorleef na die vergadering van die stadsraad in chaos geëindig het.

Nou blyk dit egter dat sy eie partylede teen hom gaan draai in die opvolgende mosie oor veertien dae.

Trollip se alliansie met die Patriotiese Alliansie (PA) is besig om teen hom te draai aangesien hy sekere toegewings aan die PA moes maak, soos die onderburgemeesterspos en ‘n pos op die burgemeesterskomitee.

Een van die EFF se groot probleme is bowendien dat Triollip ‘n wit man is, en binne die DA begin daardie selfde sentiment nou deurskemer, wat ‘n groot ontnugtering gaan wees vir die groot hoeveelheid blankes wat nog hulle naïewe hoop op die DA geplaas het.