Trump ontslaan sy Veterane Dokter

President Donald Trump het weer ’n senior, wat hy aangestel het, ontslaan as dokter vir die veterane, en sy persoonlike arts aangestel in sy plek.

David Shulkin, die dokter van die Veterane Sake, is net meer as ’n jaar gelede deur Trump aangestel, maar het hom ontslaan en Ronny Jackson, sy persoonlike dokter, aangestel.

Jackson was ook deur Barack Obama aangestel en het glo besonder goeie diens aan die veterane gelewer, en was ook betrokke as geneeskundige in Iran.

Die redes wat aangevoer word is uiteenlopend en kon nie gekontroleer word nie, en pogings om vas te stel wat die werklike rede is, het misluk.

Gerugte dat die afgedankte dokter met onreëlmatighede besig was tydens ’n oorsese reis, kon nie bevestig word nie.

Trump het berug geword vir sy vinnige afdanking van mense, en hulle senioriteit word nie in ag geneem nie, want die aflegging van die minister van buitelandse sake, Rex Sessions, is waarskynlik die beste voorbeeld.

Foto –  Ronny Jackson