Wêreld Nuusflitse – 3 April

Noord-Korea

Die Verenigde Nasies is besig om ’n swartlys op te stel van vragskepe en maatskappye wat aandoen by Noord-Koreaanse hawens om goedere af te laai, of in ontvangs te neem.

 

New Guinee

’n Kragtige aardbewing het die eiland New Guinee geskud en honderde inwoners is sonder elektrisiteit gelaat kort nadat ’n eerste skudding die dood van 125 mense veroorsaak het en honderde woonplekke verwoes is.

 

Frankryk

Die voormalige Franse president, Nicolas Sarkozy, word tans ondersoek weens beweerde korrupsie tydens sy bewindsjare, en kan selfs agter tralies beland indien hy skuldig bevind word.

 

Duitsland

Die Duitse minister van buitelandse sake, Heiko Maas, het sy land verteenwoordig in die Verenigde Nasies en gevra dat Duitsland ’n permanente lid van die Veiligheidsraad word, wat klaarblyklik goed ontvang is deur die vergadering.

 

Nieu-Seeland

Die toetsperiode van ’n vierdag werkweek het begin en werkers beweer dat hulle veel meer produktief is gedurende die vier dae, wel wetende dat hulle nie mag loodswaai om hulle werk afgehandel te kry nie.