Wet en orde?

Dit het aan die lig gekom dat sedert 2016 daar meer as 85 moord dossiere geopen is  in Natal. Van hierdie 85 is daar slegs een saak suksesvol afgehandel met ‘n skuldigbevinding.

Intussen het Zuma tydens ‘n kerkdiens aan die kerkgangers gesê dat hy steeds vervolg word ten spyte daarvan dat hy bedank het as president. Klaarblyklik dink hy dat met sy bedanking alles in sy verlede uitgewis sal word.  Dan waarsku hy mense dat hul reg moet lewe anders gaan hul na ‘n plek wat nie goed is nie!