Ek Hunker na die verlede

Ek hunker na die dae toe ons kinders sonder vrees tot laataand in die strate kon baljaar, toe ouers met ’n skerp oog die opvoeding van die jeug bestuur het en onderwysers met gesag die orde kon handhaaf.

Dit was die tyd toe universiteite met omvattende dissiplines ons volk toegerus het met kennis wat tot groot hoogtes gelei het op talle terreine.

Dit was die tyd toe korrupsie ’n rare verskynsel in ons land was, en ons politici, regeerder en opponent, waardige en eerlike mense was wat net die beste vir die burgery wou doen.

Ons hospitale was bo gemiddeld in dienslewering, en het die bestes ter wêreld geëwenaar en dikwels oortref, terwyl volkseie versorging vir almal gegeld het.

’n Eerlike polisiekorps, vry van diewe en skelms, het die volk teen misdaad beskerm, terwyl die weermag beskou is as een van die mees doeltreffende veiligheidsmagte ter wêreld.

Kernkrag ontwikkeling, hartoorplantings, steenkool tot brandstof, en talle ander prestasies op tegnologiese en wetenskaplik terrein het ons op die voorpunt geplaas as ’n staat in die galery van Eerste Wêreld lande.

Ons volkslied, Die Stem van Suid-Afrika, het die hartsgevoel van die ganse volk uitbasuin oor die berge en vlaktes van ’n wonderlike land aan die suidpunt van hierdie kontinent.

Elke regdenkende hunker terug na die glorietydperk onder bewind van ’n Hendrik Verwoerd wat die Republiek van Suid-Afrika tot stand gebring het, vry van Brittanje, en voor die hele wêreld vry!

Frik Stander